1

parasiet


Wit geel swart selle
vloei aaneen
aanhoudend
aanmekaar
deur verstopte swart arteries
'n netwerk al meer en meer
te styf geweef
bloedvate geblok deur arteriosklerose
Skoon begin maar die swam het vinnig gegroei
dreig om homself te verswelg
en die gasheer vernietig
bron van onderhoud oorweldig
Op die einde gaan die gasheer wel oorleef
herstel vol blomme en vol rose
Parasiet verdwyn
en al die drome en die pyn
verdwyn
Wie se verlies?

Back
Back

© 1998 marius loots